Tuesday, May 10, 2011

Praise and Worship

“Next to the Word of God, the noble art of music is the greatest treasure in the world” - Martin Luther


"To sing once, is to pray twice" - Martin Luther


So hoekm juis Martin Luther quotes wanneer ons oor musiek praat? Wel, die antwoord is eenvoudig, hy het verstaan wat die woorde "Praise and Worship" beteken. Maar hy was nie die eerste een wat dit gedoen het nie. Wie wil 'n raai vat?


Daar was 'n ou in die Bybel wat kaal voor God se Ark gedans het, nie omgegee het wat die mense of selfs sy eie vrou daarvan dink nie, en al sy liedjies wat hy geskryf en gesing het, is opgeteken in die Woord van God. Kan ek julle nog 'n tip gee? "Loof Hom met die tromme, loof Hom met die harp. Loof Hom met die klinkende simbale!"


Korrek, ons praat van Dawid!


As Martin Luther en Dawid vandag nogsteeds geleef het, sou al twee seker fantastiese guitarists gewees het, Martin dalk meer geneig na die klavier, en hulle sou EEN ding en een ding alleen gedoen het die hele dag lank. Praise and Worship.


Praise and Worship is nie net die eerste deel van die diens in die kerk nie, dis reduced na dit toe vandag, ongelukkig. Wat ons uit Dawid se leefstyl geleer het, vergeet van Martin vir 'n rukkie, is dat Praise and Worship deel was van sy daaglikse leefstyl. Dawid het lofprysing en aanbidding geleef! Elke dag. Nie net 4 liedjies op 'n Sondag aand gesing voorda die dominee begin preek nie.


So wat is Praise and Worship eintlik dan as dit nie net 'n vinnige paar songs is wat ons voor die tyd sing nie?


Praise and Worship is wanneer ons die Here se Naam groot maak met die grootste gift wat Hy vir mensdom gegee het. Musiek. Dit is die tyd waneer ons alles bedoel wat ons sing, en nie net saam sing omdat ons die woorde ken nie. Dit is wanneer ons loof en prys en nie omgee wat die ander mense dink nie. Dit is wanneer ons vir God wys hoeveel Hy vir ons beteken en Sy aangesig aanvra. Dit is die tyd waar ons celebrate dat ons Sy kinders is, dat ons opgewonde is om Christenne te wees, dat ons dankbaar is vir Sy Liefde en Genade, dat ons lief is vir Hom.


Ons sing nie net "Our God is an awesome God" omdat ons die woorde ken en dit herhaal oor en oor nie. Ons sing dit omdat ons dit bedoel. Dink so daaraan, jy kan nie vir jou man of vrou genoeg se hoe lief jy vir hulle is nie, want dis oneindig. Jy se dit oor en oor vir hulle, net om seker  te maak hulle onthou. Dis presies dieselfde met praise and worship. Dis nie net 'n song nie, dis nie net 'n band nie, dis nie net 'n wysie nie, dis 'n gebed. Dis 'n declaration van jou geloof en jou liefde teenoor God.


Ek los julle met 3 video's. Luister mooi na die woorde van die songs, beleef wat hierdie songs se bedoeling en boodskap is.


Sterkte met die res van jou week!
Mag God jou dra en jou beskerm!







Tuesday, March 22, 2011

People.... Responsibility!!

God het vir ons as mens een ding gegee wat ons eie is, wat net aan ons behoort. Een ding wat net ons kan gebruik, al is dit die meeste van die tyd tot ons nadeel. Hierdie ding se naam is ons eie wil.


Omdat die Here vir ons ons eie wil gegee het as mens, kom daar 'n groter ding daarmee saam, en sy naam is VERANTWOORDELIKHEID!


Wat behels verantwoordelikheid?


Eerstens, verantwoordelikheid teenoor God, tweedens, verantwoordelikheid teenoor jouself, derdens, verantwoordelikheid teenoor ander mense. Kom ons kyk na punt een...


Hoe is ek verantwoordelik teenoor God? Daar's 'n klein rympie wat ons geleer het toe ons klein was. "Lees jou Bybel, bid elke dag!". Onthou jy hom nog? Efesiërs 6 : 18 leer ons dat ons alles biddend moet doen, en dit beteken nie om te bid vroeg in die oggend en dan weer laat in die aand nie, dit beteken ALLES wat ek deur die dag doen, doen ek biddend!! En dan natuurlik, om vir God te vra dat Sy wil met ons lewens sal geskied, want op die einde van die dag, is dit Hy wat die beste weet.


Hoe is ek verantwoordelik teenoor myself? Doen jouself gou 'n guns, en kyk in die spieël. Wat sien jy? Is jy gelukkig met wat jy sien? Is jy gelukkig met wie jy is? Is God gelukkig met wat Hy sien in jou? Verantwoordelikheid teenoor myself sluit alles in, fisies, emosioneel, en psigies. Dit beteken dat ek myself moet oppas en beskerm en die regte besluite moet maak teenoor myself, sodat wanneer ek in die spieël kyk, ek trots is op wie en wat ek is.


Hoe is ek verantwoordelik teenoor ander mense? Hierdie een is straight forward en kan opgesom word in een woordjie : GETROUHEID. Wanneer jy sê jy gaan iets doen of wanneer jy verantwoordelikheid vat vir 'n taak, DAN DOEN JY DIT!!! Getrouheid is die 7de deel van die nege-voudige vrug van die Heilige Gees soos dit in Galasiërs 22 : 5 staan.


Hier is julle gedagte vir die week:)


Onthou die jeuglyn nommer : 074 512 8333


Smse, mxit, kommunikeer net soos jy wil!


Blessed dag vir almal van julle!!

Tuesday, March 8, 2011

The Nightwatchmen

Het jy al in die aand wakker gelê en net gedink aan wie jou beskerm? Of dalk net gewonder met wie jy kan praat of wie vir jou sal luister, even wie vir jou raad kan gee of leiding met 'n besluit in jou lewe.


Wel, jy mag dalk die buurtwag se karre en ligte in die aande hoor en sien wanneer hulle verby jou venster ry en kyk of alles in jou erf okay is, en dit kan jou rustig maak en jou nerves net so bietjie laat kalmeer. Maar ons mis wie die eintlike buurtwag is in die aand, ons mis die regte Nightwatchman!


Hy staan langs jou wanneer jy besig is om aan die slaap te raak. Hy hou wag oor jou huis in die nag soos geen buurtwag dit kan regkry nie. Hy beskerm jou en hou jou styf vas wanneer jy droom. Hy luister altyd wanneer jy bang is of onseker voel. Hy ys jou die regte pad om te volg en stuur die regte mense om jou te help! Hy sit Sy engele rondom jou en bedek jou met Sy ewige liefde.


Die Here is ons Nightwatchman! Hy gebruik alles in Sy beskikking om Sy wil te laat geskied in jou lewe, selfs wanneer jy slaap!! En wanneer jy weer vanaand in jou bed klim, onthou dit! Praat met Hom, sê vir Hom dankie vir die wonderlike dag wat verby is, dat jy veilig is, dat jy nog dag oorleef het, dat Hy jou gebless het, dat jy 'n bed het om in te slaap en dat Hy jou beskerm.


Sê vir Hom dankie vir die buurtwag, dankie vir die mense rondom jou wat jou ook probeer beskerm, dankie vir die vriende wat jy het, dankie vir die joy wat hulle jou gee, dankie vir die mense wat daar is om te luister. En wanner jy in nood is, is die Here daar vir jou!!


Gedagte vir die dag:)
Niel

Monday, March 7, 2011

Naamloos weekly blog 7 Maart 2011

Ek wil begin deur net baie dankie te se vir Nadia vir die boodskap gistraand en vir die praise and worship band ook! Dit was awesome gewees!!


So, wat gebeur hierdie week alles met die jeug?


Wel, ons het 'n bedrywige week voor ons! Hier is alles wat jy NIE MOET MISLOOP NIE!!


Selgroepe deur die week!!


-Naskool selgroep is Dinsdag aand 18:15 in die katekombe.


-Woensdag aand is daar 'n EE III aanbieding by die hoërskool selgroep.


-Donderdag aand is dit die 2de hoërskool selgroep waar ons oor geestelike groei gaan begin praat.


Vrydag aand 18:30 het ons 'n youthbash by die kerk en daarna gaan ons bietjie saam kuier!! Maak seker jy bring jouself en al jou pelle saam vir 'n great aand!!!


Onthou ook van die Jeuglyn kompetisie! Bybelkennis is die key element om hierdie weeklikse kompetisies te wen! Hierdie week se vraag :


Hoeveel seuns het Abraham gehad?


SMS jou antwoord na die Jeuglyn toe saam met jou naam en van en jy mag dalk op Sondag aand die wenner wees van 'n mystery prys! As jy die Jeuglyn nommer vergeet het, hier is hy weer :


074 512 8333


Blessed week vir julle almal!! Sien julle by die selgroepe en by die youthbash Vrydag aand!!


Peace be da journey mon!!

Tuesday, March 1, 2011

Selgroepe! Die beste aand van jou week!!

So, wat is die groot fuss oor die selgroepe in die week? Hoekom moet ek nog 'n ekstra aand kerk toe gaan? Vir wat? Ek gaan mos Sondag aande? Wel, kom ek vertel jou hoekom...


In die week, bied ons selgroepe aan in die aande, wat die groep op 'n journey sit van geestelike groei, nie net op 'n geestelike vlak nie, maar ook op 'n sosiale vlak. Hier word jy nie ingedeel volgens jou naam of jou van nie, so bring jou beste pel saam en kom geniet dit saam met ons!


'n Selgroep is daar vir mekaar, ons hou mekaar se hande vas deur die goeie en slegte tye, ons sorg vir die een wat dit nodig het en celebrate met die een wat iets amazing accomplish het. Ons lag saam en ons huil saam, ons bid vir mekaar en ons support mekaar ten volle.


Hierdie experience kan jy nie op uitmis nie!!


As jy al klaar is met skool, moenie worry nie, daar is 'n selgroep vir jou ook!!


Dinsdag aande 19:30 kom die naskool jeug bymekaar in die katekombe.
Woensdag aande en Donderdag aande 18:15 kom die hoerskool jeug bymekaar in die katekombe.


So, maak seker om dit nie weer mis te loop nie, jy gan nie spyt wees nie! Bring jou gunsteling mense saam en deel met hulle op 'n hele nuwe vlak van geestelike en sosiale groei.

Die Jeuglyn : Daar vir jou!

Jy mag dalk soms iemand nodig hê om mee te praat of net 'n oor om te luister. Wel, moet nooit weer alleen voel nie, die Jeuglyn is daar vir jou!


Die nommer : 074 512 8333


Voel vry om die volgende te doen :


-Terugvoer oor Sondag aand
-Gebedsversoeke
-Idees vir socials, dienste, songs, ens.
-Mxit!!
-Vra vir hulp met 'n spesifieke besluit of emosie


Die Jeuglyn is daar om enige kommunikasie te ontvang. Voel vry om die Jeuglyn dag of nag te sms of op Mxit as 'n contact te add. Die mense wat die Jeuglyn beman, sal altyd na jou luister en vir jou die regte encouragement gee en 'n pad met jou stap, sou jy dit so wou hê.


Moet nooit weer voel asof jy alleen is in hierdie wêreld nie!! Die Jeuglyn is daar net vir jou!!

Welkom by Naamloos Jeug!

Goeie dag almal! Welom by die Naamloos Jeug blog!


Hier kan julle al die nuutste nuus ontvang, al die afkondigings wat julle dalk gemis het op Sondag ook, en wanneer ons iets het om te deel of foto's om julle almal te wys, of net eenvoudig 'n gedagte wil deel, kan julle dit alles hier lees!


Aan die regterkant, kan julle al die inligting rondom die jeug sien, wanneer de selgroepe is, die jeuglyn nommer, die dienstye vir al die nuwe mense wat nie weet hoe laat dit is nie, en moenie vergeet om ons op Facebook te volg nie!


Voel ook vry om die ander blogs bietjie uit te check wat ook aan die regterkant verskyn. Hierdie blogs word deur mense in ons jeug geskryf en jy mag dalk ietsie iewers raaklees wat vir jou awesome sal wees!!


Blessed dag vir julle almal! Mag die Here julle ryklik bless en beskerm vandag!