Monday, March 7, 2011

Naamloos weekly blog 7 Maart 2011

Ek wil begin deur net baie dankie te se vir Nadia vir die boodskap gistraand en vir die praise and worship band ook! Dit was awesome gewees!!


So, wat gebeur hierdie week alles met die jeug?


Wel, ons het 'n bedrywige week voor ons! Hier is alles wat jy NIE MOET MISLOOP NIE!!


Selgroepe deur die week!!


-Naskool selgroep is Dinsdag aand 18:15 in die katekombe.


-Woensdag aand is daar 'n EE III aanbieding by die hoƫrskool selgroep.


-Donderdag aand is dit die 2de hoƫrskool selgroep waar ons oor geestelike groei gaan begin praat.


Vrydag aand 18:30 het ons 'n youthbash by die kerk en daarna gaan ons bietjie saam kuier!! Maak seker jy bring jouself en al jou pelle saam vir 'n great aand!!!


Onthou ook van die Jeuglyn kompetisie! Bybelkennis is die key element om hierdie weeklikse kompetisies te wen! Hierdie week se vraag :


Hoeveel seuns het Abraham gehad?


SMS jou antwoord na die Jeuglyn toe saam met jou naam en van en jy mag dalk op Sondag aand die wenner wees van 'n mystery prys! As jy die Jeuglyn nommer vergeet het, hier is hy weer :


074 512 8333


Blessed week vir julle almal!! Sien julle by die selgroepe en by die youthbash Vrydag aand!!


Peace be da journey mon!!

No comments:

Post a Comment