Het jy al in die aand wakker gelê en net gedink aan wie jou beskerm? Of dalk net gewonder met wie jy kan praat of wie vir jou sal luister, even wie vir jou raad kan gee of leiding met 'n besluit in jou lewe.
Wel, jy mag dalk die buurtwag se karre en ligte in die aande hoor en sien wanneer hulle verby jou venster ry en kyk of alles in jou erf okay is, en dit kan jou rustig maak en jou nerves net so bietjie laat kalmeer. Maar ons mis wie die eintlike buurtwag is in die aand, ons mis die regte Nightwatchman!
Hy staan langs jou wanneer jy besig is om aan die slaap te raak. Hy hou wag oor jou huis in die nag soos geen buurtwag dit kan regkry nie. Hy beskerm jou en hou jou styf vas wanneer jy droom. Hy luister altyd wanneer jy bang is of onseker voel. Hy ys jou die regte pad om te volg en stuur die regte mense om jou te help! Hy sit Sy engele rondom jou en bedek jou met Sy ewige liefde.
Die Here is ons Nightwatchman! Hy gebruik alles in Sy beskikking om Sy wil te laat geskied in jou lewe, selfs wanneer jy slaap!! En wanneer jy weer vanaand in jou bed klim, onthou dit! Praat met Hom, sê vir Hom dankie vir die wonderlike dag wat verby is, dat jy veilig is, dat jy nog dag oorleef het, dat Hy jou gebless het, dat jy 'n bed het om in te slaap en dat Hy jou beskerm.
Sê vir Hom dankie vir die buurtwag, dankie vir die mense rondom jou wat jou ook probeer beskerm, dankie vir die vriende wat jy het, dankie vir die joy wat hulle jou gee, dankie vir die mense wat daar is om te luister. En wanner jy in nood is, is die Here daar vir jou!!
Gedagte vir die dag:)
Niel

No comments:
Post a Comment