Tuesday, March 22, 2011

People.... Responsibility!!

God het vir ons as mens een ding gegee wat ons eie is, wat net aan ons behoort. Een ding wat net ons kan gebruik, al is dit die meeste van die tyd tot ons nadeel. Hierdie ding se naam is ons eie wil.


Omdat die Here vir ons ons eie wil gegee het as mens, kom daar 'n groter ding daarmee saam, en sy naam is VERANTWOORDELIKHEID!


Wat behels verantwoordelikheid?


Eerstens, verantwoordelikheid teenoor God, tweedens, verantwoordelikheid teenoor jouself, derdens, verantwoordelikheid teenoor ander mense. Kom ons kyk na punt een...


Hoe is ek verantwoordelik teenoor God? Daar's 'n klein rympie wat ons geleer het toe ons klein was. "Lees jou Bybel, bid elke dag!". Onthou jy hom nog? Efesiërs 6 : 18 leer ons dat ons alles biddend moet doen, en dit beteken nie om te bid vroeg in die oggend en dan weer laat in die aand nie, dit beteken ALLES wat ek deur die dag doen, doen ek biddend!! En dan natuurlik, om vir God te vra dat Sy wil met ons lewens sal geskied, want op die einde van die dag, is dit Hy wat die beste weet.


Hoe is ek verantwoordelik teenoor myself? Doen jouself gou 'n guns, en kyk in die spieël. Wat sien jy? Is jy gelukkig met wat jy sien? Is jy gelukkig met wie jy is? Is God gelukkig met wat Hy sien in jou? Verantwoordelikheid teenoor myself sluit alles in, fisies, emosioneel, en psigies. Dit beteken dat ek myself moet oppas en beskerm en die regte besluite moet maak teenoor myself, sodat wanneer ek in die spieël kyk, ek trots is op wie en wat ek is.


Hoe is ek verantwoordelik teenoor ander mense? Hierdie een is straight forward en kan opgesom word in een woordjie : GETROUHEID. Wanneer jy sê jy gaan iets doen of wanneer jy verantwoordelikheid vat vir 'n taak, DAN DOEN JY DIT!!! Getrouheid is die 7de deel van die nege-voudige vrug van die Heilige Gees soos dit in Galasiërs 22 : 5 staan.


Hier is julle gedagte vir die week:)


Onthou die jeuglyn nommer : 074 512 8333


Smse, mxit, kommunikeer net soos jy wil!


Blessed dag vir almal van julle!!

No comments:

Post a Comment